Kliek hier indien u nog nie Adobe PDF Reader het nie.


Welkom by Laerskool Worcester-Oos se webwerf.
Laerskool Worcester-Oos bied vir elke kind ’n geborge tuiste. Ons trek leerders uit al die woongebiede van Worcester en maak voorsiening vir 636 leerders vanaf Speelgroepie tot en met Graad 7.
Ons is ’n Afrikaans enkelmedium skool en multikultureel met kernwaardes gegrond op Christelike beginsels. Die Visie van die skool: “Gelukkige en tevrede kinders, onderwysers en ouers“ bevat die kern, want ’n skoolgemeenskap kan alleen gelukkig en tevrede wees as daar respek, verantwoordelikheid, deursigtigheid en eerlikheid in elke faset van skool is.
Ons strewe na akademiese uitnemendheid en lę klem op die basiese wat in elke graadgroep bemeester moet word. Die onderwyserskorps is gebalanseerd met baie ervaring en jeugdige entoesiasme. Die kulturele – kore, musiek, landsdiens - en al die sport wat deur ons aangebied word, berei ons kinders nie net voor vir die hoërskool nie, maar ook vir die grootmenswęreld.
In die era van tegnologie met die vinnig veranderde węreld strewe ons om elke kind met die nuutste onderwyshulpmiddels te onderrig asook om hulle ervaring te laat opdoen in hierdie media. Verder glo ons in die woorde van Ben Sweetland: “Sukses is ’n reis, nie ’n bestemming nie.“
Ons nooi u uit om kennis met ons te kom maak, ons wil graag deel wees van u kind se reis.
Groete
Mnr. Glen Harvie