top of page

Laerskool
Worcester-Oos

gelukkige kinders, ouers en onderwysers

Die Skool met 'n hart!

Skryf nou in!

Hoekom 'n Oosie?

_MG_0061.jpg

Die skool

Die skool, met sowat 600 kinders, bestaan reeds vanaf 1964 in die pragtige, boomryke woonbuurt, Paglande, in Worcester. Dit is tot vandag toe ’n plek waar ons kinders toelaat om so lank as moontlik kind te wees. Ons glo hierdie vriendelike aanslag is die beste basis om elke kind tot sy of haar volle potensiaal te laat ontwikkel en ’n tuiste vir gelukkige kinders, ouers en personeel te skep. Ons hou daarvan om die kinders op elke gebied te help ontwikkel. Ons sien onsself as ’n gebalanseerde skool.

XT8A1075.jpg

Die kind

Ons wil saam met die ouerhuis die boompie buig terwyl hy/sy nog jonk is. U kind se sosiale en emosionele welstand in ’n veilige en ondersteunende omgewing is die sleutel tot maksimum leer. Ons opvoeders ontwikkel ’n positiewe verhouding met elke leerder sodat daar wederkerige respek gehandhaaf word. U kind se gesondheid en geestelike welstand is vir ons belangrik. By Laerskool Worcester-Oos word musiek, sport, buitemuurse aktiwiteite en Landsdiens aangebied sodat die kind in elke moontlike aspek kan ontwikkel.

Skool.png

Die ouer

Ouerbetrokkenheid is vir ons ’n hoë prioriteit aangesien kinders ook deur hul ouers se voorbeeld leer. Kinders voel trots wanneer hul ouers betrokke en deel is van die skool en die aktiwiteite wat plaasvind.

Ons kombinasie van bekwame, toegewyde personeel en goeie fasiliteite, van die kleintjies se klouterapparaat tot die tegnologie in die klaskamers en rekenaarlokaal, is soos ’n skatkis van geleenthede vir elke kind.

Kom kyk gerus en sien die juwele raak wat by Laerskool Worcester-Oos geslyp word.

Visie

Uitnemende onderwys lei tot goed toegeruste en gebalanseerde leerders.

Missie

Laerskool Worcester-Oos streef daarna om ’n Opvoedkundige Sentrum van Uitnemendheid te wees deur:

  • Opvoeding aan die leerder in sy volle totaliteit te bied

  • Leerders se volle potensiaal te ontwikkel

  • Leerders goed toe te rus vir hul lewenspad

Hierdie missie word ondersteun deur:

  • ons naaste en ander se eiendom te respekteer

  • leerders se volle potensiaal op alle terreine te ontwikkel

  • gedissiplineerd, betroubaar, stiptelik en netjies te wees

  • ons skool se goeie naam te alle tye en op alle plekke uit te bou en hoog te hou

  • lojaliteit te bevorder

  • ouerbetrokkenheid en welwillendheid aan te moedig

  • ’n skoolatmosfeer te skep sodat opvoeding en onderwys vir alle rolspelers ’n genotvolle ervaring mag wees

  • ons skoolreëls, kortliks saamgevat, toe te pas, naamlik: respek vir jouself en vir ander deur verantwoordelik te wees en deur nie die leerproses te ontwrig nie.

’n Volledige dissiplinêre beleid is op aanvraag by die skool beskikbaar.

Aansoekproses

Skool2

Kontak ons

Kontak ons telefonies by

023 347 0453 of stuur 'n e-pos aan ontvangs@worcesteroos.co.za vir al die nodige inligting.

 

 

Rekenaars.jpg

Aansoek

Laai die aansoekvorm af, vul dit in en stuur dit terug aan kantoor@worcesteroos.co.za.

Die kantoor sal met u in verbinding tree.

XT8A0609.jpg

Toelating

Sodra die inskrywingsproses afgehandel is, sal u 'n lys van benodigdhede, skoolfooie en ander nodige dokumentasie ontvang.

U is altyd welkom om 'n afspraak te maak met die hoof.

XT8A0466.jpg
bottom of page