top of page
OOV 2023 logo.jpg

OOV

Die Laerskool Worcester-Oos

Ouer- Onderwyservereniging

OOV doelstellings

  • Om noue samewerking tussen die huis en skool te verkry ter bevordering van die belange van die individuele kind sowel as die skool in geheel

  • Om ouers in voeling te hou met nuwe metodes, stelsels en tendense in die onderwys en opvoeding van die kind

  • Om te help met die insameling van fondse en die bestuur van ingesamelde fondse tot voordeel van die skool en sy leerlinge en wel in oorleg met en onder toesig van die skool se Beheerliggaam

  • Om ouers die geleentheid te gee om aktief deel te neem aan werksaamhede by die skool

  • Om die skool te ondersteun met buitemuurse bedrywighede bv. by sportdae

  • Om in alle gevalle met die skool se Beheerliggaam saam te werk ten einde die skool en sy leerlinge se belange in die algemeen te bevorder

Fondsinsamelings vir 2023

  • Beesloop

  • Koekverkopings

  • Steak-ete

  • Gholfdag

  • Kaskarresies

VOORSITTER – Debbie Minnie (2022-2024)

Open en lei OOV-vergaderings, woon beheerliggaamvergaderings by, lei Beesloop en gholfdag en voer dit uit met taakspan aangewys. Trek wenners van Beesloop en oorhandig pryse.

 

ONDERVOORSITTER – Colette Smith (2022-2024)

Staan in as voorsitter nie bogenoemde kan uitvoer nie.

Verleen hulp met borge by Beesloop. Lei sportdae en voer dit uit met taakspan aangewys.

 

SEKRETARESSE - Mariëtte Visser (2022-2024)

Stel lyste van klasverteenwoordigers, personeel, beheerliggaam en OOV-inligting op. Gee koekverkopingdatums en toedeling van klasverteenwoordigers aan skool deur. Stel databasis van werkers op. Berei klasverteenwoordigers se lêers met al die nodige inligting vir die eerste vergadering voor. Stuur kennisgewings en agendas aan dagbestuur en klasverteenwoordigers. Werk nou saam met voorsitter vir die bepaling van agendas vir vergaderings en hou lede wat afwesig gemerk moet word by. Neem notules tydens vergaderings en stuur aan dagbestuur en klasverteenwoordigers. Stuur Beesloopprogram en benodigdhedelyste vir klasverteenwoordigers.

 

FINANSIËLE BEAMPTE – Jacques Jacobs (2022-2024) 

Gee kontantbenodigdhede-inbetaling en- opsomming van Beesloopstalletjies en ander projekvorms aan klasverteenwoordigers. Samel alle kontantgeld in, tel geld by alle byeenkomste met twee ander lede en handig in. Gee terugvoering van finansiële posisie na Beesloop en ander projekte.

 

SKOOLVERTEENWOORDIGER – Corné van den Berg

Dien as skakel tussen hoof, personeel en OOV-voorsitter.

 

KLEINBORGE – Rozanne McLaren 

Verkry kleinborge vir Beesloop en ander projekte.

 

ADDISIONELE LID – KLEINBORGE & SPORT – Karen Conradie, Hannetjie Strydom (2022-2024)

Verkry kleinborge vir Beesloop en ander projekte.

 

ADDISIONELE LID – Chané Wium (2022-2024)

Verleen bystand met kleinborge en Maanloop.

 

ADDISIONELE LID – Stefan Louw (2022-2024)

Neem leiding by sportdae met taakspan aangewys (asook fondsinsamelings, Maanloop en gholfdag).

 

HOOFBORGE – Lola van der Merwe

Skakel met hoofborge.

 

KLOUSULE VIR OOV-DAGBESTUURBELEID

Die termyn is twee jaar vir ’n betrokke portefeulje. Na die periode verstreke is, kan die lid weer genomineer word deur twee nominasies uit die OOV-dagbestuur en met een sekondant. Ander nominasies kan ook ingedien word deur ouers en die OOV, maar as voorvereiste moes die genomineerde reeds as ’n klasverteenwoordiger of rolspeler by een van die OOV-projekte gewees het.

 

Die OOV (Ouer-Onderwysersvereniging) is verantwoordelik vir verskeie, suksesvolle jaarlikse fondsinsamelingsprojekte.

Ouers se entoesiasme en leiding maak van die fondsinsamelings ’n reuse sukses. Die nuwe ouers wat jaarliks as klasverteenwoordigers gekies word, bring ook nuwe en vars idees. Ons maak baie staat op ouerbetrokkenheid en is trots om te kan sê dat ons ouers hul deel doen.

OOV span

bottom of page