


Graad 4-7
Intermediêre fase, Graad 4-6
Opgewondenheid loop hoog wanneer Oosies hierdie fase bereik en blootgestel word aan nuwe vakke. Die KABV gee riglyne oor hoe die werk onderrig moet word, maar die opvoeders bepaal self hoe hulle dit op ’n kreatiewe wyse aan die leerders oordra sodat hulle die liefde vir leer behou wat hulle in die grondslagfase ontwikkel het.
Onderwysers maak gebruik van verskillende onderrigstyle om alle leerstyle te akkommodeer. Ons leerders se sosiale- en emosionele welstand in ’n veilige en ondersteunende omgewing is die sleutel tot akademiese vooruitgang.
Senior fase, Graad 7
Ons streef daarna om die kinders in geheel te ontwikkel sodat hulle eendag goeie burgers van die land kan wees en ook ’n verskil kan maak daar waar hulle beweeg. In die senior fase word daar gefokus om leerders se selfstandigheid en selfdissipline te bevorder en akademiese vooruitgang te verseker.
Akademie
By Laerskool Worcester-Oos glo ons in ‘n gebalanseerde benadering tot ons leerders se ontwikkeling. Elke leerders word as 'n unieke individu raakgesien en aanvaar as deel van die OOSie- familie. Ons maak leer lekker deur die kurrikulum op ‘n wye verskeidenheid onderwystegnieke vas te lê. Hier leer die kind in die klas, sportveld en op die verhoog. Vakonderrig vind plaas. Elke kwartaal word die top tien akademiese presteerders aangewys en beloon.
Skooltye
Graad 4 – 7: Maandag tot Donderdag: 07:30 – 13:45 / Vrydag: 07:30 – 13:00
Leerareas
Graad 4-7 benodigdhedelys:
Graad 4-6
Afrikaans Huistaal
Engels Eerste Addisionele Taal
Xhosa
Wiskunde
Natuurwetenskap & Tegnologie
Sosiale Wetenskappe
Lewensvaardigheid
Kuns & Kultuur
Graad 7
Afrikaans Huistaal
Engels Eerste Addisionele Taal
Xhosa
Wiskunde
Natuurwetenskap
Tegnologie
Sosiale Wetenskappe
Ekonomiese Bestuurswetenskap
Skeppende Kunste
Lewensoriëntering


Ons skool beskik oor uitstaande Grondslagfase- en Intersen-kore.

’n Musiekonderwyseres onderrig ’n verskeidenheid musiekinstrumente teen ’n privaat tarief tydens en na skool.

'n Aktiewe Landsdiensklub word by die skool bedryf. Die kinders besoek verskeie plekke en gaan gereeld op uitstappies en kampe. Ons fokus op die liefde vir God, die natuur, ons medemens en arbeid.

Deelname aan die plaaslike Eisteddfod word aangemoedig. Dit vind tweejaarliks plaas.

Leerders word die geleentheid gebied om ook op dié terrein hul woord te doen. Ons leerders neem jaarliks aan die ATKV-redenaarskompetisie deel.

'n Besonder goed toegeruste biblioteek word gereeld tydens skool en na-ure besoek. Mediaprefekte verrig hierdie uitstekende diens.

Die CJA-vereniging lewer 'n waardevolle bydrae tot die geestelike verryking van ons leerders.

Ons beskik oor 'n aktiewe skaakklub wat gereeld aan kompetisies deelneem.

Die Graad 7's besoek jaarliks Kaapstad. Graad 5’s besoek jaarliks die SOS-kamp te Villiersdorp. Die Graad 3’s besoek Kaapstad. Die Grondslagfase besoek jaarliks die HB Thom Teater.

Jaarliks word daar twee digitale skoolkoerante gepubliseer. Die redaksiespan bestaan uit graad 4-7 leerders wat hul skryftalente ten toon stel.

Rekenaaropleiding word in ’n goed toegeruste rekenaarlokaal vir alle leerders aangebied. Graad R tot Graad 3 volg die Cami-program en Graad 4 tot Graad 7 volg die Knowledge Network-program.

Blootstelling op dié gebied is vir ons ’n prioriteit. Alle klasse vanaf Graad 4 tot 7 neem aan die AMESA Olimpiade deel. Alle klasse vanaf Graad 1 tot 7 neem aan Living Maths deel.

Leerders vanaf Graad 1 tot 7 word aangemoedig om aan eksterne akademiese eksamens soos Conquesta deel te neem.

Ons skool bied elke tweede jaar 'n konsert aan. Die hele skool neem hieraan deel. Elkeen se talente word hier na vore gebring.

Die kunsklasse vir alle leerders van Graad 1 tot 7 word deur kunskenners aangebied.

Ons bied ’n puik nasorgdiens aan. Die kinders word verdeel in verskillende ouderdomsgroepe. Hulle is deurgaans onder volwasse toesig in ’n veilige omgewing. ’n Ligte middagete word ook aangebied.