top of page
XT8A0583.jpg

Graad 1-3

Ons benadering in die grondslagfase is van so ’n aard dat geen kind agtergelaat word nie en dat ’n liefde vir leer by elke kind ontwikkel word. Elke kind word met geduld en deernis behandel om te verseker dat basiese taal- en wiskundevaardighede goed vasgelê word.
Ons goed opgeleide personeel maak van die KABV gebruik om te verseker dat leer op ’n kreatiewe wyse plaasvind. Ons klasse beskik oor verskeie hulpbronne wat die leerders help met die leerproses.
Elke graad beskik ook oor hul eie speelterrein met klimrame en groot grasperke, waar die leerders hulself kan geniet en sosiale vaardighede kan aanleer.


Akademie
Die akademiese ontwikkeling van elke leerder bly vir ons die belangrikste aspek. Die KABV-kurrikulum word deur opgeleide personeel aangebied. Ons maak van ’n verskeidenheid leerprogramme gebruik terwyl leerders grotendeels onderrig word met behulp van Mimio, sowel as witborde en dataprojektors. Ons gebruik ook interaktiewe witborde wat leer vergemaklik.

Skooltye

Graad 1: Dinsdag tot Donderdag: 07:30 – 12:30 / Maandag en Vrydag: 07:30 – 13:00
Graad 2: Maandag tot Vrydag: 07:30 – 13:00
Graad 3 – 7: Maandag tot Donderdag: 07:30 – 13:45 / Vrydag: 07:30 – 13:00

Leerareas

Huistaal (Afrikaans)
Eerste Addisionele Taal (Engels)
Wiskunde
Lewensvaardighede:

  • Aanvangskennis

  • Persoonlike en Sosiale Welstand

  • Skeppende Kunste

  • Liggaamlike Opvoeding

Vind Graad 1-3 se benodigdhedelyste hier:

bottom of page