top of page
XT8A1021.jpg

Ons moedig al ons leerders aan om ten minste aan een Somer- en een Wintersport deel te neem. Ons inspireer leerders om aktief te bly reg deur die jaar. Sodoende word daar omgesien na hul fisiese- en verstandelike gesondheid. Somersport vind in kwartaal 1 & 4 plaas, terwyl wintersport in kwartaal 3 & 4 plaasvind.

somerSPort

311375385_592028622730828_452937175247368454_n.jpg

Atletiek

Laerskool Worcester-Oos se kleure-atletiekbyeenkoms vind in die vierde kwartaal plaas. Die blou- en rooispan ding teen mekaar mee vir 'n sang- en atletiekbeker wat na afloop van die byeenkoms oorhandig word.

Ons atletiekspan word hier gekies en neem aan verskeie byeenkomste deel.

Mini-krieket & Krieket

Mini-krieket word aangebied vir o. 6 tot o. 9 seuns en dogters.

Vanaf o. 10 tot o. 13 speel leerders krieket om ons skool in die o. 11 & o. 13-spanne te verteenwoordig.

Vaardighede soos koördinasie, lateraliteit, spanwerk en sosiale interaksie word verbeter. Basiese krieketvaardighede word ingeoefen soos:  boulwerk, kolfvaardighede en veldwerk.

_MG_0359.jpg
Tennis2

Mini-tennis & Tennis

Reeds vanaf 7-jarige ouderdom word 'n liefde vir die sport by leerders gekweek. Hulle word basiese tegnieke en vaardighede aangeleer. Aandag word geskenk aan koördinasie, fokus, konsentrasie en liggaamsbewustheid.

Vanaf o. 10 speel leerders teen mekaar om 'n plek op die ranglys te verdien. Hulle neem deel aan wedstryde teen ander skole, in spanne van vier, wat volgens die ranglys gekies word.

XT8A0761.jpg

Wintersport

XT8A0883.jpg

Rugby & mini-rugby

Rugby word aangebied vir o. 7, o. 8, o. 9, o. 11 en o. 13-seuns.

 

Alle spanne neem deel aan ons sportdae. Gedurende die week word daar ook ligawedstryde gespeel. Spanne gaan ook jaarliks op toer om ondervinding op te doen.

Hokkie & mini-hokkie

Ouderdomsgroepe nl. o. 7, o. 8, o. 9 en o. 10-seuns en dogters speel mini-hokkie. Oor naweke kry die spanne wedstrydgeleenthede by ons sportdae. Ligawedstryde word ook gedurende die week gespeel.

 

Ons o. 13A-seunspanne en dogterspanne onderneem jaarliks ‘n ontwikkelingstoer.

316106024_624801156120241_977310400273045582_n.jpg
348459382_787811925999264_1019506109343408321_n.jpg

Netbal & mini-netbal

Ons dogters neem deel in hul ouderdomsgroep van o. 10 - o. 13. Hierdie spanne kry wedstrydgeleentheid by ons sportdae en meeste van die spanne ook by ons weeklikse ligawedstryde.  Ons o. 13A-netbalspan onderneem jaarliks ‘n ontwikkelingstoer en neem ook aan ander eerstespantoernooie deel.

Skaak

Alle ouderdomsgroepe neem deel aan skaak. Spelers neem deel aan verskeie skaaktoernooie deur die loop van die jaar. Skaak vind in die namiddag plaas.

 

'n Passie vir skaak word by die leerders gekweek van jongs af.

346057074_973174230373394_5306609894483397073_n.jpg
bottom of page