top of page
Graad R.png

Graad R

Ons strewe daarna om vir elke leerder ’n goed gestruktureerde en stimulerende omgewing te skep binne-in die klaskamer sowel as op die speelgrond sodat elke kind holisties kan ontwikkel.

Die speelterrein sluit in ’n fietsrybaan (skopfietse, fietse en kaskarre), water- en sandspel, swaaie, ’n pophuis en vele meer. Die terrein se klim- en klouterapparaat maak dit moontlik dat daar besonder goeie fisiese en sosiale ontwikkeling plaasvind.

Die KABV sowel as R Maths en die Stellar-taalprogramme word gevolg om verskillende vaardighede te ontwikkel en in te oefen. ’n Leer-deur-te-speel-benadering word in ons klasse gevolg. Klein klasgroottes verseker dat ons individuele aandag aan leerders kan skenk.

Ons bied die volgende:

  • Skeppende aktiwiteite

  • Rekenaars (Cami-program)

  • Musiek vir ons Kleintjies

  • Oog- en gehoorsiftings deur professionele instansies

  • Uitstappies

  • Eisteddfod

  • Buitemuurse aktiwiteite (Rugga Roots, Monkeynastix, Playball, Kinderkinetika, Crazy Splash, Forza, Kuns)

Keuring vir hierdie klasse vind in Augustus plaas. Ons sal u per brief verwittig of u kleuter toegelaat is. Met toelating sal u besonderhede ontvang oor benodigdhede, onderriggeld, kleredrag, oueraande, skooltye, uitstappies en vorderingsverslae.

Skooltye: Maandag tot Vrydag 07:30 tot 12:15

Vind hier die Graad R se benodigdhedelys:

Laerskool Worcester-Oos bied die volgende buitemuurse aktiwiteite by Graad R.

Buitemuurse aktiwiteite

Monkeynastics

Monkeynastix is ’n bewegingsontwikkelingsprogram wat die kind in sy totaliteit ontwikkel.

Die program wat ons volg bevorder die volgende:

  • Gesonde leefstyl

  • Stamina

  • Koördinasie

  • Balans

  • Sosiale vaardighede

  • Skoolgereedheid

  • Fyn- en grootmotoriese ontwikkeling

  • Ritme/musiek

Jou kind se welstand en ontwikkeling is ons nommer 1-prioriteit.

Apparaat:

Ons apparaat is die sleutel tot die sukses van ’n Monkeynastix-klas. ’n Groot verskeidenheid van aktiwiteite kan gedoen word en verskillende vaardighede word op elke apparaat ontwikkel. ’n Kombinasie van die verskillende apparate, en die progressie van aktiwiteite op die apparaat, help hulle om ’n vaardigheid te bemeester.

Monkeynastix.jpeg

Playball

Deur sport as middel te gebruik, bied ons kinders ’n goeie basis waaruit elke aspek van hul lewens ontwikkel kan word. Die doel van Playball is om jong kinders bekend te stel aan konstruktiewe en aangename sportdeelname deur middel van verskillende ouderdomsprogramme. Al die programme het ’n “multi-aktiwiteit”-benadering, wat ’n bekwame fondament verseker in sport.

302082689_553978353179086_6733336941352449542_n.jpg

Forza Tennis Akademie

Forza Tennis Akademie is in die mooie Worcester geleë. Ons het ’n holistiese benadering tot afrigting. Elke speler is vir ons uniek en daarom fokus ons nie net op prestasie nie, maar gee ons ook aandag aan die emosionele, geestelike en fisiese vordering van die speler. Hier by Forza Tennis wil ons ’n liefde kweek by die kinders vir tennis. Ons bevorder ook oog-handkoördinasie, balans, balvaardighede en nog meer.

Spelers kan privaat of groepafrigting kry. Forza Tennis bied ook toernooie en vakansieklinieke aan.  Wilson-toerusting en -klere kan ook deur ons bestel word.

Kontak gerus vir Annelise Human by 083 227 9290 of besoek ons by www.forzatennis.co.za.

logo.png

NSD

"Nskills and development" se program is ontwikkel uit pure liefde en passie vir die spel en ons kinders. Die program word jaarliks aangepas en hersien volgens die ontwikkeling, tegnieke en reël aanpassing van Netbal. NSD is nie net 'n seisoenale program nie.

Deur 'n pret-gebaseerde program wil ons die dogters help om 'n liefde vir die spel te ontwikkel, maar hulle terselfdertyd help om die belangrikheid van dissipline, respek en toewyding te verstaan. Dit is belangrik dat ons netbal dogters van 'n vroeë ouderdom met die regte vaardighede vaslegging begin. NSD is voldoende vir 3 jaar -17 jarige ouderdom.

Daar word kwartaalliks geskenke gegee wat ingesluit is by die maandelikse fooie.

By NSD leer u kind die volgende lewens-, netbal- en motoriese vaardighede:
-middellyn kruising
-kleur identifisering
-hand-oog koördinasie
-ruimtelike bewustheid
-basiese netbal vaardighede en reël vaslegging
-gevorderde netbal vaardighede volgens ouderdom
-respek vir mekaar
-spel dissipline
-hantering van boelies

NSD

Eazy Stitch

Die verkryging van praktiese stik-, kuns- en kunsvlytopleiding op 'n jong ouderdom kan 'n reeks fundamentele waardes en vaardighede bied wat verder strek as die artistieke gebied. Hier volg 'n paar van die belangrike voordele:
kreatiwiteit, geduld en volharding, fynmotoriese vaardighede, fokus en konsentrasie, probleemoplossing,
selfuitdrukking, selfvertroue, kritiese denke, kulturele waardering, vindingrykheid, tydbestuur, emosionele regulering, samewerking en kommunikasie.
Oor die algemeen bied praktiese stik-, kuns- en kunsvlytopleiding op 'n jong ouderdom 'n holistiese stel vaardighede en waardes wat bydra tot kognitiewe, emosionele en sosiale ontwikkeling. Hierdie vaardighede kan waardevol wees in verskeie aspekte van die lewe, van akademici tot persoonlike verhoudings tot toekomstige loopbaanaktiwiteite.

266581000_4369984413123406_3464059023457764108_n.jpg

RSD Rugby

Ons liefde vir rugby en die verantwoordelikheid om by te dra tot die omvattende ontwikkeling van ons kinders is die twee grondbeginsels waarop die RSD RUGBY Program gebaseer is. RSD is trots daarop om kinders te leer om sport te geniet op ’n gesonde en veilige manier. Ons glo dat kinders elke oomblik op die rugbyveld moet geniet en om dit sodoende ook veilig te doen.

Vaardigheidsontwikkeling begin op ’n vroeë stadium, daarom is vroeë blootstelling aan die korrekte rugbyvaardighede en -tegnieke tot voordeel van die kind wat aan sport deelneem.

Ons sien daarna uit om die RSD RUGBY SKILLS DEVELOPMENT Program aan u en u kind bekend te stel.

Welkom om die RSD webtuiste te besoek by www.rsdrugby.co.za vir meer inligting en kontak besonderhede.

RSD GOLD LOGO.jpg

Kinderkinetika

“For a better, healthier and smarter child”

Kinderkinetika word weekliks aangebied by Worcester-Oos. Die kinders geniet die verskillende aktiwiteite wat gedoen word en ontwikkel op ’n genotvolle manier deur te “speel”.

Wat is Kinderkinetika? 

Kinderkinetika bied wetenskaplik gefundeerde bewegingsontwikkelingsprogramme vir kinders aan van geboorte tot 13 jaar. Daar word gefokus op die kind se totale ontwikkeling vanuit ’n grootmotoriese oogpunt.

Die Kinderkinetika-program fokus ook op die rehabilitering van fisiese, psigo-motoriese en/of neuro-motoriese agterstande. Dit is belangrik dat die grootspiervaardighede eers ontwikkel voordat die fyner spiervaardighede optimaal bemeester kan word. Die ontwikkeling van motoriese vaardighede kan ook skoolprestasie verbeter en lees- en leerprobleme voorkom of verbeter.

Programme: 

  • Kleuterprogram (2 – 7 jaar)

  • Sportontwikkeling en algehele fiksheidsprogram (7 – 13 jaar)

  • Babastimulasie

  • Welstandsprogram

  • Aangepaste/Remediërende program (individueel)

Vir meer inligting, kontak gerus vir Mareli Holtzhausen by 082 336 4397 of mkinetika@gmail.com.

169262 Mareli Designs logo-2.png

Crazy Splash Swim School

Doelwitte behels die volgende:

  • om studente so gou moontlik te leer om waterveilig te wees en daarna na die gimnasium te vorder om die verskillende swemstyle aan te leer

  • om studente te inspireer om hul doelwitte te bereik volgens die beste van hul vermoë

  • om studente se sportmanskap te ontwikkel

  • om studente fisies, emosioneel en sosiaal te onwikkel

  • om studente te leer dat elke mens se behoeftes en talente verskil

  • om studente opgewonde te maak om elke week te kom swem en dit baie te geniet

CRAZY SPLASH logo.jpg

Wat ons bied:

bottom of page