ONS skool
Laerskool Worcester-Oos is ’n Afrikaansmedium, waardegedrewe skool geleë in die Bolandse dorp, Worcester.
Klein OOSies - Graad 7
Ons akkommodeer om en by 660 leerders vanaf 3-jarige ouderdom tot en met graad 7. Ons Klein OOSies bestaan uit twee 3-4 jarige klasse en twee 4-5 jarige klasse. Vanaf Graad R-7 is daar drie klasse per graadgroep met 20-30 leerders in 'n klas.
[Klik op die foto hierbo om meer oor ons Klein OOSies, Grondslagfase, Intermediêre - en Seniorfase uit te vind.]
Beheerliggaam
-
Die SBL (Skoolbeheerliggaam) van die skool bestaan uit verkose ouers, onderwysers, ’n nie-KS-opvoeder en die skoolhoof. Hierdie verkiesing vind elke drie jaar plaas.
-
Die SBL speel ’n baie belangrike rol in die beheer van die skool. Die liggaam verteenwoordig die ouers, personeel en leerders. Van die toelatings-, taal- en godsdiensbeleid tot skooldrag, finansies en die aanstelling van personeel is kritiek belangrike afdelings wat onder hul beheer ressorteer.
-
Die belange van alle rolspelers by die skool word deur die SBL op die hart gedra en alle belangstellendes word genooi om in gesprek te tree met iemand van die SBL indien daar sake van belang is wat aandag moet geniet.
Gedragskode
te studeer
-
Nie ander te steur nie
-
Werkopdragte uit te voer
-
Tuiswerk gereeld te doen
veilig te wees
-
Geen voorwerpe in besit te hê wat ander kan beseer nie
-
Nie ander leerders in gevaar te stel nie
gelukkig te wees
-
Nie spot te dryf met medeleerders nie
-
Ander leerders se ras, kleur en godsdiens te respekteer
na geluister te word
-
Aandag te gee as opdragte gegee word
-
Stil te bly as ander praat
-
Ook na sy/haar medeleerders te luister
tyd oordeel-kundig te gebruik
-
Saam te werk met die opvoeder
-
Skool daagliks by te woon en nie laat te kom nie
-
Ander se tyd as kosbaar te beskou
wedersydse respek openbaar
-
Ander mense en hul eiendom te respekteer
-
Verantwoordelik op te tree
-
Skooldrag, skool- en nasionale simbole te respekteer
-
Medeleerders en meerderes te respekteer ongeag ras, kleur of geslag
in 'n netjiese omgewing te werk
-
Nie skool se eiendom te beskadig of verniel nie
-
Nie op mure, deure of geboue te skryf of te bemors nie
-
Op hom/haar as persoon netjies en skoon te wees
regverdig behandel te word
-
Beskaafd op te tree
-
Ander leerders regverdig te behandel
-
Eerlik en opreg teenoor rolspelers op te tree
Bankbesonderhede
LAERSKOOL WORCESTER-OOS
BANK: ABSA
REK. NO.: 44 049 0026
REK. TIPE: TJEK
[Betaal asseblief skoolgeld en nasorg apart, maar in dieselfde rekening. U sal ’n verwysingsnommer vir albei kry.]
VERWYSING:
Familiekode asook waarvoor inbetaling gemaak word.
Betalings per debietorder kan met mev. Liezl van den Berg by finansies@worcesteroos.co.za of 023 347 0453 gereël word.